Sewe en Sewe Gespreksgids

Jesus se kruiswoorde as rigtingwysers vir die lewe

Jesus se laaste woorde aan die kruis was die kroningsmomente van sy lewe. Dit was nie wanhopige uitroepe nie, maar oorwinningsverklarings.

Vir ons as Jesus se volgelinge is hierdie woorde soos rigtingwysers vir die lewe. Dit wys vir ons hoe die lewe werk. Dit begelei ons om die oorwinning van die kruis in Lydenstyd te vier.

 Sewe

Sewe fokus elke week op een van Jesus se kruiswoorde. Hierdie gids sal vir Jesus se volgelinge ʼn betekenisvolle ervaring bring terwyl hulle saam na Goeie Vrydag reis.

Sewe Gespreksgids

Sewe Gespreksgids met 6 gespreksgeleenthede nooi groepe om in Lydenstyd saam oor Jesus se kruiswoorde te gesels en die invloed daarvan op hulle lewe te ervaar. Dit help groepe om in Lydenstyd ʼn rus-knoppie te druk en stil te staan by hierdie grootse woorde van Jesus aan die kruis. Luister saam daarna, dink daaroor en gesels daaroor.

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • ’n Boek en meegaande gespreksgids met 6 gespreksgeleenthede spesiaal ontwikkel vir Lydenstyd.
  • Bevat rituele vir Lydenstyd wat in ʼn gemeente en by die huis gevolg kan word.

Skrywers

Ewald van Rensburg is leraar by die Familiekerk NG Hottentots-Holland.

Siegfried Louw is leraar by NG Gemeente Proteahoogte, Brackenfell.

Faani Engelbrecht is leraar by NG Gemeente Goodwoodpark en betrokke by Bybel-Media Kerkmusiek.

 

 

Altyd daar – hersiene uitgawe

Altyd daar Leiersgids

Altyd daar werk met stories en verhale wat ons help om God raak te sien. Dit is vir laat-hoërskoolleerders en finalejaar-katkisante ontwikkel, maar kan ook suksesvol gebruik word vir kleingroepe wat uit jong volwassenes bestaan.

Altyd daar Gesprekgids

Die stories en verhale in Altyd daar wil jou help om die Bybel verrassend nuut te hoor en God se werklikheid in jou lewe te ervaar.

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • Spesiaal ontwikkel vir gebruik met laat-höerskoolleerders, finalejaar-katkisante en jong volwassenes.
  • 22 ontmoetings met treffende stories wat die Bybelverhale se impak op die jongmense verhoog.
  • Die struktuur en vloei van die ontmoetings moedig deelname en ryk groepservarings aan.
  • Altyd daar is wyd getoets in verskillende gemeentes en groepe.

SKRYWERS

Martin Heyns, GP Kellerman, Breda Ludik, Nico Simpson en Nestor van Niekerk

Die boek is die produk van ʼn vriendekring. Die skrywers het verskeie kere bymekaargekom en saam die produk ontwikkel terwyl hulle gelag, gelees, gebid, stories vertel, gedeel en gedroom het.

 

test

JAARBOEK

Die Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke bestaan uit inligting oor sinodes, streeksinodes, ringe, gemeentes en predikante. As jou inligting in die huidige uitgawe foutief is of as jy enige veranderings wil aanbring. Kontak ons asb.

Vir enige navrae, kontak gerus vir Bybel-Media by:

Tel: 0860 26 33 42
Faks: 021 873 0832
E-pos: bestel@bmedia.co.za
Webblad: www.bybelmedia.org.za

Boodskap vir vandag-reeks

Elke boek in hierdie reeks is saamgestel uit die gewilde jaardagboek Boodskap vir vandag wat in e-boekformaat verskyn het.

Elke titel in hierdie reeks bevat 30 dagstukke oor ʼn spesifieke tema.

Met elke dagstuk delf die skrywer diep in die Bybel en daag sy lesers uit met interessante stories en Bybelwaarhede wat ʼn groot invloed op hulle geloofslewe en spiritualiteit kan hê.

Die eerste vier boeke in hierdie reeks

In God se hande

BVV1-InGodSeHande_Fr.Cov.indd

Bestem vir die liefde

BVV2-BestemVirDieLiefde_Fr.Cov.indd

Die Man in die middel

BVV3-DieManDieMiddel_Fr.Cov.indd

Om feestelik te leef

BVV4-OmFeestelikTeLeef_Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • Die skrywer delf diep in die Bybel.
  • Hy gesels boeiend oor relevante temas.
  • Elke dagstuk bevat ʼn Skrifgedeelte, ʼn leesstuk en ʼn gebed.

LESERSMARK

  • Gelowiges wat hou van meditatiewe oordenkings.
  • Mense wat baie besig is en tog uitgedaag wil word in hulle spiritualiteit met Bybelwaarhede en interessante vertellings.
  • Bybelstudiegroepe.
  • Kleingroepe.

SKRYWER

Carel Anthonissen was tot in 2016 Direkteur van die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit. Hy behartig tans die Sentrum se werk op Stellenbosch waar hy langer as 20 jaar studenteleraar by die NG Studentekerk was. In dié tyd het hy onder meer navorsing oor die Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer gedoen en deeltyds by die Departement Waarde- en Beleidstudie doseer.

 

Creatively mindful

CreativelyMindful-Cov_lr

PressKitButton BuyButton

Focus your mind to eat and live healthily

Creatively mindful is a lifestyle guide with a difference. Each of the 90 hand-drawn pictures accompanies a food thought to ponder on and a practical tip or advice to follow while taking your first steps to living healthily and creatively mindful.
Colouring is therapeutic. While enjoying the harmonic pictures, reflect on how you can make healthy living and eating a long-term goal and habit. Focus your mind on something beautiful and creative and be constructive while deciding how to apply the thought or tip for the day in your life.
May you find inspiration and motivation in Creatively mindful to positively change your life and habits over a period of 90 days and live healthily ever after.

UNIQUE SELLING POINTS
• Written by a well-known and successful food consultant, home economist and author of award-winning cookbooks.
• A unique book in the sense that it gives the reader short food thoughts, tips and advice that are easy to follow and to implement in life. No long scientific arguments!
• Each food thought in this book is accompanied by a hand-drawn picture to colour in.
• Not only is the activity of colouring therapeutic; it also gives you the opportunity to reflect on how you can make healthy living and eating a goal and a habit for life.

AUTHOR
Heleen Meyer is a qualified home economist and during the past 20 years she has established herself as a successful, independent food consultant. She has a strong focus on healthy eating, whether she is the keynote speaker, doing a cooking demonstration, developing recipes for an exciting project or sharing her passion on radio or television.
Heleen is the author of two award-winning cookbooks. Not only are her recipes creative and well tested, she also uses everyday ingredients. Her recipes are easy to cook, interesting and healthy.
Heleen also inspires others to live and cook in a “greener” way so that the environment is taken into consideration. Read the regular blogs on her website or follow her on social media.

Dit is amper dag

Dit is amper dag-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Nagedink oor geloof, dood en ewige lewe

Jaap Durand

Sonder om die geheimenis regtig te probeer verklaar, skryf Jaap Durand op ʼn uiters verhelderende manier oor kernvrae oor geloof, dood en ewige lewe.

Sy “kroongetuie” – soos Durand hom noem – is Paulus.

Watter onderwerp kan méér diepsinnig wees as die vraag oor die dood, en daarmee saam die vraag na die lewe self én die ewige lewe?

Paulus kon hom misgis het deur te dink dat Jesus weer sou kom terwyl hy nog geleef het. Maar hy het hom nie misgis met die nabyheid van die ewigheid nie.

Elke moment strand ons tyd immers aan die oewers van die ewigheid.

Die hemel is nie ’n plek nie, maar ’n Persoon.

Die hemel is om saam met Christus te wees, om saam met God te wees.

Dit is al wat ons moet weet.

Die ewigheid is waar God is.

Aan die einde van my lewe is God daar.

Sy groot toekoms, die koms van sy koninkryk, die vervulling van al sy beloftes, wag op my wanneer ek my oë finaal sluit.

Dit is amper dag.

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • Jaap Durand vra die vrae wat mense, en veral bejaarde mense, oor hulle lewe, hulle geloof, die dood en die ewige lewe vra … en bied uiters verhelderende insigte in hierdie vrae.
  • Hy daag sy lesers uit om oor hulle eie vrae en herinneringe en lewe na te dink in die lig van hierdie “gesprekke” oor geloof, dood en ewige lewe.

SKRYWER

Jaap Durand is al op baie maniere vir sy lewenswerk en publikasies gehuldig. Sy agtergrond in teologie en filosofie, tesame met sy diep omgee vir mense en hulle geloofsvrae, het hom hierdie boek (wat al voorheen verskyn het) laat verwerk en bywerk. Hiermee het hy, in sy eie woorde, “die sirkel voltooi” met sy skryfwerk.

TEIKENMARK

  • Almal, maar veral bejaarde mense, wat vrae oor geloof, die dood en die ewige lewe het.
  • Groepleiers en gemeenteleiers, veral die geestelike leiers wat op die bejaardes in ʼn gemeente fokus.
  • Beraders.

A rainbow over the land

arainbowovertheland-cov_lr

MediapakketButton KoopButton

Equipping Christians to be Earthkeepers

A Southern African guide on the church and environmental justice

Ernst Conradie and David Field (eds)

This revised volume of A rainbow over the land is a much-needed resource for the church today. It will enable leaders to look at the theology of creation care, and to rediscover truths from the history of the Christian tradition.

The Southern African region faces huge challenges about economic inequalities, violent forms of conflict and a proses of ecological decline. These challenges are deeply linked to each other. In response, churches have been calling for a “just, participatory and sustainable society”, at least since the Nairobi Assembly of the World Council of Churches in 1975.

As shown in the title, this volume offers a guide on the church and environmental justice focusing specifically on the Southern African region. It equips Christians to be Earthkeepers through providing resources for analysis of the background, biblical explanation and interpretation, theological thinking, reorientation of formal public worship and congregational practice or custom. It reminds all of us of the surplus grace embedded in God’s promise, symbolised by God’s rainbow over the land, and of the responsibilities that this covenant brings for Earthkeepers.

UNIQUE SELLING POINTS

  • Calls for environmental awareness amongst churches in Southern Africa.
  • Explains the need for environmental and climate justice.
  • Presents Biblical and theological material for study.
  • Reflects on the ecological heritage of Christianity.
  • Provides liturgical and practical resources which will enable the church to live out this theology in the world and may be used in Christian worship.
  • Shares examples and stories of Christian communities already involved in care for Creation.
  • Calls the church in Southern Africa to a new commitment, conversion and covenant to engage with issues of environmental justice.
  • Questions for reflection and discussion with every chapter.

EDITORS

Ernst M Conradie is Senior Professor in in the Department of Religion and Theology at the University of the Western Cape where he teaches Systematic Theology and Ethics. He is the editor of several volumes in the field of ecotheology and the author of several mono­graphs.

David N Field is a South African presently living in Basel Switzerland where he is the academic coordinator of the Methodist e-Academy – an initiative of Methodist Churches in Europe providing online supplementary education for pastors and lay leaders. He is also an Academic Associate of the Research Institute for Theology and Religion at the University of South Africa, a research fellow at the Australasian Centre for Wesleyan Research and a member of the church and society commission of the Swiss United Methodist Church. He has written articles on eco-theology, the theology and ethics of Dietrich Bonhoeffer and ethics in the Methodist tradition.

 TARGET MARKET

  • Church leadership.
  • Lecturers.
  • Ministers.
  • Students in ecotheology.
  • Every believer who wants to be well informed to think deeply and responsibly about faith and caring for the environment.

 

Hart vir Hillbrow

Hart vir Hillbrow-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Swaarkry-mense se verhale van hoop 

Elise Bosch

Hart vir Hillbrow is ʼn getuienis van Elise Bosch se geloof, hoop en haar onwankelbare liefde vir God en vir mense – die mense van Hillbrow.

Elise skryf al jare lank haar stories oor die swaarkry-mense van Hillbrow vir LiG. Sy vertel vir ons van die lief en die leed van hierdie mense met wie sy elke dag te doen kry.

Die trane lê dikwels vlak wanneer ʼn mens haar stories lees. Juis omdat dit regte mense se stories is. Mense wat omstandighede en uitdagings trotseer waarvan die gemiddelde mens min weet.

Tog behou Elise haar sprankel en humor binne soms hooplose omstandighede. Sy vertel die stories so boeiend dat ons naderskuif om met ons ore én ons harte te luister.

Mag hierdie bundel verhale jou so diep raak dat jy sal besef daar is mense wat ʼn soort swaarkry beleef wat vir ons moeilik is om te begryp. En mag dit jou aanspoor om self ʼn hand uit te steek om te help waar daar nood is.

PLUSPUNTE

  • Ware verhale oor die mense van Hillbrow wat jou uitdaag om verder as jou eie nood en behoeftes te kyk.
  • Geskryf deur een van LiG se gewildste artikelskrywers, Elise Bosch. Elise skryf al jare lank vir LiG en vertel vir lesers van die swaarkrymense van Hillbrow met wie sy elke dag te doen kry.
  • Die verhale sal ons trane vlak laat lê, maar ons ook aan hoop laat vashou.

SKRYWER

Elise Bosch werk in Hillbrow waar sy talle verwaarloosde en swaarkry-mense op verskillende maniere help. Elise is ʼn besonderse storievertellers wat mense se harte aanraak, en daarom ook ʼn gewilde rubriekskrywer vir LiG.

LESERSMARK

  • LiG-lesers.
  • Gelowiges van alle ouderdomme.
  • Almal wat betrokke wil raak by die nood in die land.
  • Almal wat soek na hoop in hulle omstandighede.

Droomlewe

Droomlewe_Fr.Cov.indd

KoopButton MediapakketButton

ʼn Reis deur die Josef-verhaal

Andries Cilliers

Daar is dinge wat jy graag wil hê. Daar is dinge wat jy hoop om te bereik. Daar is dinge wat jou opgewonde maak.

Dis die roumateriaal waarvan jou drome gemaak is.

Sommige van jou drome lê vlak. Jy leef ʼn rukkie daarmee, maar dan vervaag dit weer. Ander drome lê dieper. Dit is ingeweef in jou menswees: in wie jy is, in wie jy graag wil wees. Sonder daardie dieper drome sal jy eenvoudig nie meer jý wees nie.

Jou diepste droom kom nie van jouself af nie.

Dit kom van God.

Dit is sy droom vir jou: vir wat jy moet doen, en veral vir wie jy gaan word. Hy het dit ingeweef in jou menswees toe Hy jou gevorm het, nog voor jy gebore is.

Nie almal ontdek daardie diepste droom nie. Party mense jaag so agter ander, vlakker drome na dat hulle nie eers besef daar is so ʼn dieper droom in hulle ingeweef nie. Ander dink hulle sien dit, maar sien eintlik hulle eie begeertes vir God se droom aan. Sommige sien iets van God se droom, maar draai hulle rug daarop.

Dit is net die Gees wat ons God se droom kan laat sien. Selfs wanneer jy dit sien, kyk jy nog maar in ʼn spieël en sien ʼn raaiselagtige beeld. Die waarheid oor God se droom vir jou ontdek jy wanneer die Gees jou vorentoe lei, na God se toekoms toe.

Kom lees saam die verhaal van ʼn dromer: Josef. Kyk in die lig van sy verhaal na jou eie lewensverhaal. Bid dat die Gees vir jou iets sal duidelik maak van God se droom vir jou; dat die Gees ons sal lei om daardie droom te leef.

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • Die skrywer kyk vanuit ʼn vars hoek na Josef se lewe en na die betekenis wat God se pad met Josef vandag vir ons en ons pad saam met God kan inhou.
  • Geskryf in ʼn heerlike verteltrant wat jou die boek moeilik sal laat neersit.

SKRYWER

Andries Cilliers is predikant by NG gemeente Sonstraal in Durbanville. Hy is lief vir sy gesin, vir sy werk en vir lees.

Kinders VONKKel vir Jesus

vonkkkindercds-omslag

MediapakketButton KoopButton

Taal             :     Afrikaans

Styl              :     Twee CD’s met begeleiding en sang

Teikenmark:

Gemeentes, jeugwerkers, jeugpredikante, ouers wat kinders wil laat sing, kleuters en jonger laerskoolkinders.

Die aanbieding: Orkesbegeleiding met voorsangers

Vervaardiger: Bybel-Media in samewerking met VONKK

Woorde en musiek: Verskeie Outeurs

Opsomming van die inhoud:

2 CD’s met 35 kinderliedere uit die VONKK-bundel, meer klassieke kerkmusiek, vir gebruik in kleuter- en kinderbediening.  CD1 bevat stemme en begeleiding en CD2 bevat die backtracks.

 

1. V48 Jesus het my lief
2. V132 Soos Mamma my liefhet
3. V52 Vir Pappa en sy werk
4. V135 Soms is jy bang of skrik jy groot
5. V98 U Woord is die lamp
6. V47 By die huis en by die werk
7. V86 Ek is die Heer se skapie
8 V50 Dankie, Heer, vir wat ons eet
9. V99 Dankie, liewe Heer, vir kossies elke dag
10. V169 Hoor jy hoe die voëltjies in die oggend sing
11. 170 Liewe Jesus, ek is klein
12. V171 Jesus is Koning
13. V114 As ek saans op my bedjie gaan lê
14. V49 Daar’s kinders in die wêreld
15. V78 Die Kerk is die Heer se mense
16. V81  Jesus, al is ek maar klein
17. V82  Laat ons skyn vir Jesus
18. V109  Wees ’n lig vir Jesus
19. V110 Saam wil ons die Here prys vir al sy liefde
20. V130  Dankie vir hierdie nuwe môre
21. V131 Weet jy hoeveel sterre skyn daar
22. V134 Kom, alle kinders wat die Here wil dien
23. V137 Soos ’n flits in die donker
24. V162 Dawid met sy slinger
25. V213  God is lief vir my
26. V214 Nog voordat ek ’n kind was
27. V267 God is so goed
28. V349 Josua was jonk
29. V285  Hoor die voëltjies sing
30. V290  In die Bybel is daar raad
31. V176 Let op, kinders, dis weer Kersfees
32. V97 Christus, lank reeds verwag
33. V148 Jesus, daar in Betlehem
34. V291 Babatjie Jesus, op strooi neergelê
35. V100 By die intog in Jerusalem

 

 

 

1 2 3 9