Home » Nuwe Vrystellings » Verander en word ʼn teken van God se nuwe wêreld

Verander en word ʼn teken van God se nuwe wêreld

MediapakketButtonKoopButton

Prente van die koninkryk

Jesus se gelykenisse oor God se nuwe wêreld

Iemand het gesê ’n gelykenis is soos ’n grap. As jy dit eers moet verduidelik, is dit nie meer ’n grap nie. Só werk ’n gelykenis ook. Dit skep ’n beeld wat jy moet snap, en waarop jy moet reageer: met skok, verontwaardiging, verbasing… Jy kan nie neutraal bly of afgetrokke daarna luister en tog die boodskap verstaan wat dit wil oordra nie.

In hierdie Bybelstudie met ses ontmoetings lei Jaco Thom individue en kleingroepe deur Jesus se gelykenisse oor God se koninkryk, sy nuwe wêreld. Hierdie gelykenisse wil nie (net) ons insig in God se nuwe wêreld verander nie, maar ons hele lewe. Ons kan nie in die spieël van die gelykenisse kyk, die nuwe werklikheid van die koninkryk raaksien en dan maar net omdraai, wegstap en dieselfde bly nie. Ons moet met ons lewe daarop antwoord.

Prente van die koninkryk roep jou op om jou lewe te verander sodat jy hoe langer hoe meer ’n teken van God se nuwe wêreld sal wees.