Home » Uncategorized » Ontwikkel ʼn gemeenskap van volhoubare vriendskappe

Ontwikkel ʼn gemeenskap van volhoubare vriendskappe

Loop saam

LoopSaam-Cov_hrRGB

MediapakketButton KoopButton

Hierdie boek begelei kruisgroepe op ’n reis van saamloop met mekaar én oor grense heen loop. Want wanneer ons oor grense na mekaar uitreik en vir mekaar omgee, leer ons om mekaar met respek en liefde te hanteer. En dán sal die menswaardigheid van ons land se mense herstel word.

Loop saam bied aan kruisgroepe:

  • 8 geloofsgesprekke
  • voorstelle vir geloofsgewoontes om saam te beoefen, soos viering, Bybelstudie, daaglikse ondersoek, gasvryheid, geloofsgemeenskap, bemoediging en omgee.
  • voorstelle vir vriendskapsaktiwiteite, soos saam eet, saam praat, saam werk, saam lees, saam bid, saam stap, saam fliek, saam kerk toe gaan en saam sport kyk.

Loop saam help gelowiges om saam ʼn gemeenskap van volhoubare vriendskappe te skep en só die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid – respekteer, luister, liefhê en omarm – te lééf.

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • Vorm deel van die produkte wat vir die Seisoen van Menswaardigheid ontwikkel word.
  • Die geloofsgesprekke in Loop saam is spesiaal vir kruisgroepe ontwikkel.
  • By elk van die 8 geloofsgesprekke is daar voorstelle vir geloofsgewoontes wat die groep saam kan inoefen.
  • Daar is ook voorstelle vir vriendskapsaktiwiteite wat die groep saam kan doen.

SKRYWERS

Chris van Wyk is ʼn leraar by die NG gemeente Somerstrand, Port Elizabeth. Sy passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. As skrywer of medeskrywer het hy al verskeie boeke by Bybel-Media gepubliseer soos Die vrou by die put, Barnabas, Gevorm deur die kruis en Jesus-verhale van menswaardigheid.

Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.