Home » Uncategorized » Nader aan die hier en nou met die Here

Nader aan die hier en nou met die Here

Oop vir die oomblik

OopVirDieOomblik-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Oop vir die oomblik laat ontvou die geloofsgewoonte van teenwoordig-leef en wys watter waardevolle bydrae dit tot ons daaglikse lewe-met-die-Here kan maak.

Dit is op die oomblik gewild om aandag te gee aan wat deur die loop van die dag in ons bewussyn gebeur. Ons vra ons af hoe afwesig of hoe teenwoordig ons vir die hier en nou is. Ons praat oor “leef in die oomblik”, “leef bewustelik”, teenwoordigheid, awareness of mindfulness.

Om teenwoordig te leef word egter dikwels sonder enige godsdienstige verbande beoefen. Dit is ongelukkig ’n vervlakking van hierdie besonderse ervaring. Daarom skryf Willem Nicol vanuit die Christelike geloof en die Bybel oor hierdie geloofsgewoonte. Vir hom is dit die deurslaggewende grondslag vir hoe hy teenwoordigheid ervaar en hanteer.

In Oop vir die oomblik kom die teorie en praktyk van “leef in die oomblik” saam om jou te help om in die hier en nou met die Here te leef en dit deel van jou leefwyse te maak. Daarom word jy in elke hoofstuk ook genooi om oefeninge te doen.

Ook beskikbaar om saam met hierdie boek te gebruik:

Oop vir die oomblik Bybelstudie – Willem Nicol

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • Hierdie boek laat ontvou die geloofsgewoonte van teenwoordig-leef op ʼn Bybelse grondslag.
  • Die skrywer bring die teorie en praktyk van teenwoordig-leef by mekaar uit.
  • ʼn Praktiese boek met honderde oefeninge om hierdie geloofsgewoonte te vestig.
  • Geskryf deur ʼn bekende en geloofwaardige kenner van die lewensingesteldheid van “leef in die oomblik”.
  • Die boek kan gebruik word saam met die Bybelstudiegids vir groepe of individue: Oop vir die oomblik Bybelstudie.

Oop vir die oomblik Bybelstudie

OopVirDieOomblik-Bybelstudie-Fr.Cov.indd

ʼn 10-weke-Bybelstudie

Leef in die oomblik. Live in the moment. Geniet elke oomblik in die hier en nou.

Dit is tans gewilde idees.

Maar ons almal ervaar dat die moderne lewe dit vir ons moeilik maak om in die hier en nou tuis te voel. Daar is soveel dinge waaraan ons aandag moet gee, met die gevolg dat ons kop raas en ons afwesig raak.

In dié 10 Bybelstudies ontdek gelowiges dat die Here ons wil leer: Daar is net een plek waar ons kan leef – in die teenwoordige tyd. Die Here wag daar vir ons en trek ons daarheen. Hy vergewe die tekortkomings van die verlede en hou die toekoms in sy hand sodat ons kan tuis wees waar ons nou is. En wanneer ons daar kom, is ons oop vir die lewe én vir die Lewensbron.

Hierdie Bybelstudie bevat ook baie oefeninge wat jy kan doen om jou te help om hierdie geloofsgewoonte deel van jou leefstyl te maak.