Home » Uncategorized » Die Bybel praat vandag 4

Die Bybel praat vandag 4

DBPV4_GodSeDroomVirDieLewe-Fr.Cov.indd

KoopButton MediapakketButton

 

God se droom vir die lewe

Hierdie bundel is die vierde publikasie in ʼn reeks preekhulpe. Die tema van die preke in hierdie bundel is die Tien Gebooie.

Die hoofdoel van die boeke in hierdie reeks is om predikers, ouderlinge en enige ander gemeenteleiers of mense in staat te stel om volledige eredienste te lei.

Hoewel baie gemeenteleiers die vermoë het om hulle eie preke te maak en baie goed te vaar in hulle openbare optrede, het ons almal steeds gedagtes nodig om ons te inspireer. Hopelik bied hierdie bundel ’n paar gedagtes wat sinvol gebruik kan word.

Elke preek is ingebed in ’n liturgie wat gebruik kan word om die diens makliker te laat vloei.

Pluspunte

  • 15 Volledig uitgewerkte eredienste met liturgieë
  • Die tema van hierdie reeks preke is die Tien Gebooie
  • Dienste vir spesiale geleenthede soos Kersfees en Paasfees is ingesluit
  • Inspirerende stof vir predikers

Skrywer

Annes Nel is in Lambertsbaai gebore. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Ná 15 jaar in die gemeentebediening (Prieska en Academia) en 10 jaar in die akademiese wêreld, waar hy onder andere Direkteur van die Ekumeniese Instituut aan die Universiteit van Namibië en medeprofessor in Sistematiese Teologie aan die Universiteit van Zoeloeland was, het hy na die voltydse gemeentebediening teruggekeer. Hy is tans predikant in Killinchy, Noord-Ierland. Annes is ʼn geliefde skrywer van Christelike boeke. Sy passie is om mense daarvan bewus te maak dat elke mens ’n plek in God se hart het.