Home » Uncategorized » Vir 2-5-jariges

Vir 2-5-jariges

Kleuterkerk 1-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Kleuterkerk 1

Aanbiedersgids

Kleuterkerk 1 is ʼn uitstekende hulpmiddel vir enige gemeente se kinderbediening.

Die 20 aanbiedings in hierdie boek bevat alles wat jy nodig het om jong kinders van 2-5 te laat ervaar dat Jesus baie lief is vir hulle, om hulle meer van die Here Jesus te leer en om hulle te lei om ʼn persoonlike verhouding met die Here te bou.

Elke aanbieding bestaan uit die volgende elemente om jou te help om die kinders se ervaring positief en verrykend te maak:

  • Geselstyd
  • Singtyd
  • Bybeltyd
  • Doentyd
  • Bidtyd

Die eenvoudige aktiwiteite in hierdie boek help om die boodskap van elke aanbieding by die kinders vas te lê.

PLUSPUNTE

  • Die eerste in ʼn reeks boeke wat gebruik kan word om vir 2-5-jariges kerk te hou.
  • 20 volledig uitgewerkte aanbiedings.
  • Riglyne vir die aanbieder oor hoe om ʼn kindervriendelike ruimte vir die kleuters in te rig en ʼn roetine te vestig
  • Riglyne oor hoe ʼn aanbieding kan verloop.
  • Elke aanbieding sluit ʼn eenvoudige aktiwiteit vir die kinders in.
  • Die prente wat vir die aktiwiteite nodig is, kan gefotostateer word.
  • Die aanbiedings kan maklik aangepas word by elke gemeente se omstandighede.

TEIKENMARK

  • Leiers van kinderbedienings
  • Kategeseleiers
  • Gemeenteleiers
  • Opvoeders van voorskoolse kinders
  • Ouers van kleuters

SKRYWERS

Marié Loubser is ʼn graad 1-opvoeder wat elke dag ʼn godsdiensperiode saam met haar kinders geniet.

Elma Visagie is ʼn gekwalifiseerde jeugwerker met jare lange ervaring en kinders van haar eie.