Home » Uncategorized » Flammekidz Volume 1

Flammekidz Volume 1

flammekidz-vol1-cd-omslag

MediapakketButton KoopButton

 

FORMAAT: CD

BESKRYWING: ‘n Goeie Flammekidz-lied is ʼn lied wat eenvoudige taal en musiek gebruik – so eenvoudig dat kinders dit maklik kan aanleer en onthou. Tog is die teks Skrifgetrou en dit help die jeugwerker om Bybelwaarhede aan die kind oor te dra.

Natuurlik kom kinders in verskillende vorme en groottes voor. Sommige liedjies is bedoel vir kleuters en ander kan die ouer “kinders” – die pappas, mammas, oupas en oumas – sing. Ons weet alle Flammekidz-liedjies gaan nie vir alle kinderbedienings werk nie. Besluit dus gerus self wat vir jou gaan werk en wat nie.

Ons gee vir jou hierdie vyf liedjies in vier verskillende vorme:

‘n volledige MP3
‘n Track, sonder die stem van die voorsanger
‘n  Video (wmv) met die teks en die track
‘n PowerPoint

Soos altyd is die bladmusiek by www.flam.co.za beskikbaar.

Jy kan ook die multitrack van hierdie liedere by Bybel-Media bestel.

© 2005 Flam Musiek-Uitgewers