Home » Uncategorized » Hart vir Hillbrow

Hart vir Hillbrow

Hart vir Hillbrow-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Swaarkry-mense se verhale van hoop 

Elise Bosch

Hart vir Hillbrow is ʼn getuienis van Elise Bosch se geloof, hoop en haar onwankelbare liefde vir God en vir mense – die mense van Hillbrow.

Elise skryf al jare lank haar stories oor die swaarkry-mense van Hillbrow vir LiG. Sy vertel vir ons van die lief en die leed van hierdie mense met wie sy elke dag te doen kry.

Die trane lê dikwels vlak wanneer ʼn mens haar stories lees. Juis omdat dit regte mense se stories is. Mense wat omstandighede en uitdagings trotseer waarvan die gemiddelde mens min weet.

Tog behou Elise haar sprankel en humor binne soms hooplose omstandighede. Sy vertel die stories so boeiend dat ons naderskuif om met ons ore én ons harte te luister.

Mag hierdie bundel verhale jou so diep raak dat jy sal besef daar is mense wat ʼn soort swaarkry beleef wat vir ons moeilik is om te begryp. En mag dit jou aanspoor om self ʼn hand uit te steek om te help waar daar nood is.

PLUSPUNTE

  • Ware verhale oor die mense van Hillbrow wat jou uitdaag om verder as jou eie nood en behoeftes te kyk.
  • Geskryf deur een van LiG se gewildste artikelskrywers, Elise Bosch. Elise skryf al jare lank vir LiG en vertel vir lesers van die swaarkrymense van Hillbrow met wie sy elke dag te doen kry.
  • Die verhale sal ons trane vlak laat lê, maar ons ook aan hoop laat vashou.

SKRYWER

Elise Bosch werk in Hillbrow waar sy talle verwaarloosde en swaarkry-mense op verskillende maniere help. Elise is ʼn besonderse storievertellers wat mense se harte aanraak, en daarom ook ʼn gewilde rubriekskrywer vir LiG.

LESERSMARK

  • LiG-lesers.
  • Gelowiges van alle ouderdomme.
  • Almal wat betrokke wil raak by die nood in die land.
  • Almal wat soek na hoop in hulle omstandighede.