Home » Uncategorized » Maak kontak

Maak kontak

Maak kontak-Fr.Cov.indd

KoopButton MediapakketButton

20 Leidrade vir kruiskulturele kontak

Chris van Wyk

In Maak kontak gee Chris van Wyk 20 leidrade wat gemeentes en groepe kan volg om kruiskulturele kontak te bevorder en dit op ʼn verantwoorde manier aan te pak.

Navorsing wat oor intergroep-kontak en die vooroordele tussen groepe gedoen is, bewys dat intergroep-kontak inderdaad vooroordele kan verminder. In hierdie soort kontak steek ons nie net die grense tussen ons oor nie; deur die nuwe vriendskapsbande wat ons met mekaar sluit, vorm ons ook ʼn nuwe gemeenskap waarin ons die waardes van respekteer, luister, liefhê en omarm kan laat gedy.

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • Vorm deel van die produkte wat vir die Seisoen van Menswaardigheid ontwikkel word.
  • Die boek bied kontoere waarlangs gemeentes en gelowiges hulle pogings om menswaardigheid te ontwikkel en te bevestig volgens die resultate van die navorsing van die afgelope dekades kan stuur.
  • Maak kontak dra by om ʼn positiewer menswaardige omgewing vir alle mense in ons lande skep

SKRYWER

Chris van Wyk is ʼn leraar by die NG gemeente Somerstrand, Port Elizabeth. Sy passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. As skrywer of medeskrywer het hy al verskeie boeke by Bybel-Media gepubliseer soos Die vrou by die put, Barnabas, Gevorm deur die kruis en Jesus-verhale van menswaardigheid.