Home » Uncategorized » Boodskap vir vandag-reeks

Boodskap vir vandag-reeks

Elke boek in hierdie reeks is saamgestel uit die gewilde jaardagboek Boodskap vir vandag wat in e-boekformaat verskyn het.

Elke titel in hierdie reeks bevat 30 dagstukke oor ʼn spesifieke tema.

Met elke dagstuk delf die skrywer diep in die Bybel en daag sy lesers uit met interessante stories en Bybelwaarhede wat ʼn groot invloed op hulle geloofslewe en spiritualiteit kan hê.

Die eerste vier boeke in hierdie reeks

In God se hande

BVV1-InGodSeHande_Fr.Cov.indd

Bestem vir die liefde

BVV2-BestemVirDieLiefde_Fr.Cov.indd

Die Man in die middel

BVV3-DieManDieMiddel_Fr.Cov.indd

Om feestelik te leef

BVV4-OmFeestelikTeLeef_Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • Die skrywer delf diep in die Bybel.
  • Hy gesels boeiend oor relevante temas.
  • Elke dagstuk bevat ʼn Skrifgedeelte, ʼn leesstuk en ʼn gebed.

LESERSMARK

  • Gelowiges wat hou van meditatiewe oordenkings.
  • Mense wat baie besig is en tog uitgedaag wil word in hulle spiritualiteit met Bybelwaarhede en interessante vertellings.
  • Bybelstudiegroepe.
  • Kleingroepe.

SKRYWER

Carel Anthonissen was tot in 2016 Direkteur van die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit. Hy behartig tans die Sentrum se werk op Stellenbosch waar hy langer as 20 jaar studenteleraar by die NG Studentekerk was. In dié tyd het hy onder meer navorsing oor die Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer gedoen en deeltyds by die Departement Waarde- en Beleidstudie doseer.