Home » Uncategorized » Altyd daar – hersiene uitgawe

Altyd daar – hersiene uitgawe

Altyd daar Leiersgids

Altyd daar werk met stories en verhale wat ons help om God raak te sien. Dit is vir laat-hoërskoolleerders en finalejaar-katkisante ontwikkel, maar kan ook suksesvol gebruik word vir kleingroepe wat uit jong volwassenes bestaan.

Altyd daar Gesprekgids

Die stories en verhale in Altyd daar wil jou help om die Bybel verrassend nuut te hoor en God se werklikheid in jou lewe te ervaar.

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • Spesiaal ontwikkel vir gebruik met laat-höerskoolleerders, finalejaar-katkisante en jong volwassenes.
  • 22 ontmoetings met treffende stories wat die Bybelverhale se impak op die jongmense verhoog.
  • Die struktuur en vloei van die ontmoetings moedig deelname en ryk groepservarings aan.
  • Altyd daar is wyd getoets in verskillende gemeentes en groepe.

SKRYWERS

Martin Heyns, GP Kellerman, Breda Ludik, Nico Simpson en Nestor van Niekerk

Die boek is die produk van ʼn vriendekring. Die skrywers het verskeie kere bymekaargekom en saam die produk ontwikkel terwyl hulle gelag, gelees, gebid, stories vertel, gedeel en gedroom het.