Home » Uncategorized » Sewe en Sewe Gespreksgids

Sewe en Sewe Gespreksgids

Jesus se kruiswoorde as rigtingwysers vir die lewe

Jesus se laaste woorde aan die kruis was die kroningsmomente van sy lewe. Dit was nie wanhopige uitroepe nie, maar oorwinningsverklarings.

Vir ons as Jesus se volgelinge is hierdie woorde soos rigtingwysers vir die lewe. Dit wys vir ons hoe die lewe werk. Dit begelei ons om die oorwinning van die kruis in Lydenstyd te vier.

 Sewe

Sewe fokus elke week op een van Jesus se kruiswoorde. Hierdie gids sal vir Jesus se volgelinge ʼn betekenisvolle ervaring bring terwyl hulle saam na Goeie Vrydag reis.

Sewe Gespreksgids

Sewe Gespreksgids met 6 gespreksgeleenthede nooi groepe om in Lydenstyd saam oor Jesus se kruiswoorde te gesels en die invloed daarvan op hulle lewe te ervaar. Dit help groepe om in Lydenstyd ʼn rus-knoppie te druk en stil te staan by hierdie grootse woorde van Jesus aan die kruis. Luister saam daarna, dink daaroor en gesels daaroor.

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • ’n Boek en meegaande gespreksgids met 6 gespreksgeleenthede spesiaal ontwikkel vir Lydenstyd.
  • Bevat rituele vir Lydenstyd wat in ʼn gemeente en by die huis gevolg kan word.

Skrywers

Ewald van Rensburg is leraar by die Familiekerk NG Hottentots-Holland.

Siegfried Louw is leraar by NG Gemeente Proteahoogte, Brackenfell.

Faani Engelbrecht is leraar by NG Gemeente Goodwoodpark en betrokke by Bybel-Media Kerkmusiek.