Kleurmeditasies vir Pinkster

Kleurmeditasies_Pinkster-cov_lr

KoopButtonMediapakketButton

ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.

Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy Pinkster ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring.

Die geloofsgedagtes in hierdie boek fokus op Hemelvaart, Pinkster en die werk van die Heilige Gees in ons lewe, die kerk en die skepping. Ons vertel weer die storie van God se Gees wat skep en heelmaak, wat lewe gee en groei laat opbloei, wat diep verandering bewerk en wysheid skenk.

Die woorde en kleure nooi jou om tyd deur te bring by die Heilige Gees wat in jou hart getuig, wat jou leer dans en feesvier, wat jou laat sing en uitbundig lag. Pinkster herinner jou immers dat jy die lewe in oorvloed ontvang het. Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van jou gedagtes oor die geloofsgedagtes, om enige emosies wat na bo kom te ervaar, en om te bid.

PLUSPUNTE

  • 90 dagstukke om aan te sluit by die seisoen van Lydenstyd en Pase.
  • By elke dag se geloofsgedagte is daar ʼn klein handgetekende gebedsprent om in te kleur.
  • Die teks is geskryf deur die eerste wenner van die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir haar debuutwerk, Ontmoeting met heiliges: Verhale van hoe mense hulle geloof geleef het.
  • Die inkleursirkels skep ruimte vir lesers om die teks te oordink en te bid terwyl hulle inkleur.
  • Die boek is gedruk op kunspapier van ʼn hoë gehalte, geskik vir inkleur met kleurpotlode.

SKRYWER EN ILLUSTREERDER
Lisel Joubert is ’n teoloog en vryskut­predikant in die NG Kerk. Sy het ’n doktors­­graad in Ou Testament verwerf. Haar pas­sie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christelike tradi­sie. Sy is betrok­ke by teologiese af­stands­on­der­rig, veral in die dissi­pline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon in Gansbaai saam met haar man en twee kinders.

Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.

Perspektiewe op die koninkryk-reeks – Jesus, Here van die Koningkryk

Koninkryk2-Jesus,HereVdKoninkryk-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Meer oor die reeks Perspektiewe op die koninkryk
Jesus nooi ons en daag ons uit om elke dag op ’n totaal nuwe manier met ʼn nuwe perspektief te leef. Want wanneer ons met ’n koninkryksperspektief leef, verander alles.

Boeke in die reeks

    • Boek 1: ʼn Koninkryk van genade
    • Boek 2: Jesus, Here van die koninkryk
    • Boek 3: Beelde van die koninkryk
    • Boek 4: Gereed vir die koninkryk

Boek 2  – Jesus, Here van die koninkryk
Jesus is die Messias wat gekom het om Koning te word op aarde. Van die begin af was dit duidelik dat Jesus ’n anderste Koning is. ’n Koning wat gekom het om te dien. ʼn Koning wat die gestalte van ’n slaaf aangeneem en aan mense gelyk geword het. Jesus se Koningskap het verrykende implikasies vir die manier waarop ons sy Koningskinders vandag in hierdie wêreld leef.

SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.

Protesstem

Protesstem-lr

MediapakketButton KoopButton

Oomblikke van herinnering

In Protesstem neem Jaap Durand ons op ʼn reis deur sy oomblikke van herinnering … Cottesloe, Kwazakhele, Belhar, die struggle-jare, Dakar en talle ander onvergeetlike oomblikke wat vir hom belangrik was en wat hom diep geraak het.

Uiteraard vertel hy hierdie verhale vanuit sy perspektief. Tog bly dit herinneringe wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Om te onthou is immers deel van ons menswees. Ons leef vanuit ons herinneringe. Dit vorm deel van ons identiteit. Hierdie verhale, sê Jaap Durand, is die moeite werd om te onthou. En nie net te onthou nie, maar ook oor te vertel …

Wat ander oor Protesstem sê:
Prof Jaap Durand se boek lees soos ʼn avontuurverhaal – ek glo veral vir diegene wat die veelbewoë tyd waarbinne dit afspeel eerstehands meegemaak het. Selfs vir diegene wat ver van die vuur af was, behoort dit ʼn boeiende openbaring te wees van hóé veelbewoë dié tyd regtig was. Dit gee nogal perspektief op baie dinge wat ons vandag steeds in Suid-Afrika beleef, en dink dat dit erg is! Bowenal is dit duidelik: Profeet-wees was nog nooit vir sissies nie!
Pieter Fourie, Uitvoerende Hoof: Bybel-Media Groep

Ek vind die inhoud en die styl boeiend en informatief. Dit sal vir baie lesers verhelderende lig werp op die gebeurtenisse en ontwikkelinge waaroor die skrywer vertel. – Hennie Rossouw, voorheen professor in Filosofie en viserektor van die Universiteit Stellenbosch

SKRYWER
Jaap Durand is al op baie maniere vir sy lewenswerk en publikasies gehuldig. Sy agtergrond in teologie en filosofie, tesame met sy jare lange belangstelling in en navorsing oor verbande tussen die skepping, wetenskap en geloof, maak hom uitnemend toegerus om lesers te begelei op ʼn reis oor eeue heen waarin die ontwikkeling van sommige van die vernaamste standpunte oor mistieke geloof en wetenskap uitgewys word.

Kleurgebede vir vroue

KleurgebedeVirVroue-Fr.Cov_lr

MediapakketButton KoopButton 

Inkleurboek vir volwassenes met handgetekende gebedsprente. Vroue in die Bybel

Hierdie inkleurboek oor 13 vroue in die Bybel nooi jou om ʼn oomblik by hulle stil te staan. Lees hulle stories, voel hulle pyn, deel in hulle vreugde, en vereenselwig jou met hulle geloof.

Laat hulle jou aanmoedig om jou plekkie in God se goeienuus-storie te ontdek.

Mag die kleure wat uit jou potlode en penne vloei jou een maak met die vroue wat elk op hulle eie manier die veelkleurige kante van geloof in God uitgeleef het.

Mag die kleurgebede vir jou ʼn wonderlike tyd van oordenking,

nadink en insigte wees. Geniet God se wonderwêreld vol reënboë terwyl jy fokus, hoor en bid in volkleur.

Unieke verkooppunte

  • ʼn Inkleurboek vir volwasse vroue oor 13 vroue in die Bybel.
  • Die teks oor elke vrou bevat ʼn Skrifgedeelte, ʼn vertelling en ʼn gebed.
  • Die handgetekende gebedsprent by die teks oor elke vrou is vir inkleur terwyl jy nadink oor die spesiale vrou, haar verhaal en die betekenis wat dit vir jou en jou geloofsreis inhou.

 

ToekomsVenster – Ons behoort aan mekaar

ToekomsVenster05-OnsBehoortAanMekaar_Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

45 dagreise oor liefde vir mekaar – Stiltetydgids

Mense beleef God dikwels op ’n afstand beleef. Daar is verskillende redes hiervoor. Een daarvan is dat hulle gewoon nie meer ervaar dat God in die wêreld werksaam is nie.

Ek glo die liggaam van Christus kan hierdie negatiewe ervaring verander. Ek glo die liggaam van Christus wat getrou bly aan die waarheid, Jesus Christus, wat hierdie waarheid verkondig en wat in gemeenskap met Christus al hoe meer soos Hy word, kan die “afstand” van God oorbrug.

Mag hierdie stiltetydgids oor ons liefde vir mekaar jou en jou gemeente help om waarlik God se hande, voete, oë en hart in hierdie wêreld te wees sodat al hoe meer mense sal sê: “As God my Vader is, is die kerk my moeder.”

Meer oor ToekomsVenster

ToekomsVenster is ʼn vyfjaarplan om die liggaam van Christus toe te rus terwyl ons saam op reis is na 2020.

Dit help gemeentes, groepe en individue om te fokus op die uitdagings wat ons nou en in die toekoms sal moet hanteer. Dit lei gelowiges op ʼn pad van genesing terwyl hulle oë gerig is op die wêreld waarvoor God so lief is.

Die temas is spesifiek gekies om gelowiges te help en te lei om nuut te dink en te glo.

SKRYWER
Annes Nel is tans predikant in Noord-Ierland.  Hy is die skrywer en medeskrywer van 20 boeke en het drie boeke vertaal, onder meer Dietrich Bonhoeffer se Wat dissipelskap kos. Annes se passie is om mense daarvan bewus te maak dat die kerk ’n plek vir gebrokenes is omdat elke mens ’n plek in God se hart het.

Perspektiewe op die koninkryk-reeks – ʼn Koninkryk van genade (Boek 1)

Koninkryk1-'nKoninkrykVGenade-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Meer oor die reeks Perspektiewe op die koninkryk

Jesus nooi ons en daag ons uit om elke dag op ’n totaal nuwe manier met ʼn nuwe perspektief te leef. Want wanneer ons met ’n koninkryksperspektief leef, verander alles.

Boeke in die reeks

  • Boek 1: ʼn Koninkryk van genade
  • Boek 2: Jesus, Here van die koninkryk
  • Boek 3: Beelde van die koninkryk
  • Boek 4: Gereed vir die koninkryk

’n Koninkryk van genade (Boek 1)
God het ’n genadeverbond met ons gesluit. Genade beteken ons kry wat ons nie verdien nie. Dit maak nie vir ons sin nie. Maar juis dít is die punt van genade: Genade is onverdiend en … God se koninkryk is vol van hierdie genade, onbeskryflik groot.

SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.

Kleurgebede oor liefde

Kleurgebede-Cover.indd

MediapakketButton KoopButton

 

Inkleurboek vir volwassenes oor 1 Korintiërs

Teken en bid gaan saam. Saam met die ink vloei daar gedagtes oor lewe, seer, vreugdes en God na die oppervlak. Jy kan jouself verloor in die detail, die blaartjies, die sirkeltjies en die blokkies. Inkleur laat jou fokus, ontsnap, nadink, loskom, die Gees hoor, nuut sien, skep.

Mag hierdie kleurgebede vir jou ʼn wonderlike tyd van oordenking, nadink en insigte wees. Geniet God se wonderwêreld vol reënboë terwyl jy fokus, hoor en bid in volkleur.

Unieke verkooppunte

  • ʼn Inkleurboek vir volwassenes met handgetekende gebedsprente.
  • Die teks is gegrond op 1 Korintiërs 13 – die bekendste gedeelte oor die liefde in die Bybel.
  • By elke prent is daar ʼn gedeelte en ʼn gebed om oor na te dink terwyl jy inkleur.

Skrywers

Aletta Simpson is ʼn graad 11-leerder in Durbanville, Kaapstad. Vandat sy kan onthou, stel sy belang in boeke, skryfgoed, teken en skets. Dit is haar eerste publikasie. Sy het al hierdie sketse oor dae heen met die hand geteken.

Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.

 

A cloud of witnesses series Book 2

PressKitButton BuyButton

Pressing on towards the goal

Persevering in obedience

Breda Ludik & Rob Clarke

Just like the very first believers, we are trying to figure out how to live like people knowing Jesus. There are so many voices influencing us, and we do not always know what we should do. Again and again we try to discover what living faith means.

If only we could become more conscious of the cloud of witnesses surrounding us! They will give us direction in our choices.

Through the eight studies in this group guide you will explore the lives of biblical characters and historical figures. They will encourage you to run the race of faith with determination. You will discover what you have in common with them. You will see how you too, hand in hand with these witnesses, can live with your eyes fixed on Jesus, the author and perfecter of your faith.

  • Each study leads to dialogue about the connection between the lives of the biblical character and the historical figure.
  • This dialogue brings new insight in and possibilities to our spiritual lives.
  • These studies are best suited for use by groups of 8 to 10 people.

45 dagreise oor die kuns van die lewe

KoopButtonMediapakketButton

ToekomsVenster Die keuses wat ek maak

Stiltetydgids

Chris Harris

Ons woon in ʼn wêreld wat steier onder die gevolge van verkeerde keuses. Keuses vir die heersende wêreldkultuur belowe opwinding, voorspoed en roem, maar misluk klaaglik om hierdie beloftes na te kom. Die toenemende chaos rondom ons is ʼn klinkklare bewys hiervan.

Met die 45 dagreise in hierdie boek herinner Chris Harris jou dat God ʼn morele kode in sy liefdesgebod veranker het: Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Die liefde behoort daarom die vertrekpunt te wees van alle besluite wat ons neem.

Die keuses wat ek maak sal jou lewe verryk, jou meer insig in die kuns van die lewe gee en jou onwankelbaar in God se onfeilbare Woord anker.

Meer oor ToekomsVenster

ToekomsVenster is ʼn vyfjaarplan om die liggaam van Christus toe te rus terwyl ons saam op reis is na 2020.

Dit help gemeentes, groepe en individue om te fokus op die uitdagings wat ons nou en in die toekoms sal moet hanteer. Dit lei gelowiges op ʼn pad van genesing terwyl hulle oë gerig is op die wêreld waarvoor God so lief is.

Die temas is spesifiek gekies om gelowiges te help en te lei om nuut te dink en te glo.

MEER OOR DIE SKRYWER

Dr Chris Harris is leraar van die NG gemeente Hulp en Hoop Gemeenskapskerk (Mokopane) en direkteur van Celebrate Life Coaching. Chris is ook baie betrokke by die Fresh Expressions-beweging. Hy is getroud met Francisca en hulle het ʼn seun, Christiaan, en ʼn dogter, Liesel.

Hoe die doop ons help om saam met Jesus te leef

MediapakketButton KoopButton

Leef uit jou doop

Christi Thirion

Hierdie gids vir hoërskool-leerders, wat oor ses weke strek, is spesifiek ontwerp om jongmense te help om twee dinge met hulle doop te doen:

  • om uit hulle doop te leef – om alles wat die doop uit genade vir hulle gee, te ontvang en te gebruik.
  • om hulle doop uit te leef – om te doen waartoe hulle doop hulle uitdaag en roep.

Leef uit jou doop help jongmense om die lewende God op ʼn nuwe manier te leer ken – die God in wie se Naam hulle gedoop is en in wie se teenwoordigheid hulle elke dag leef.

Hulle sal besef hoe belangrik hulle doop is, dat Jesus na hulle toe gekom het en hulle liefhet, net soos hulle is, en dat die geskenke wat Hy deur die doop vir hulle gee, hulle ’n ander mens maak.

Die jongmense gebruik twee tools om oor hulle doop en die betekenis daarvan vir hulle en hulle lewe na te dink – die Lectio Divina en daaglikse nadenke.

Hierdie boek oor die doop vir jongmense sluit aan by Bybel-Media se reeks van drie doopboeke vir volwassenes: Ontvang wat vir jou gegee is; Ontvang wat vir jou gegee is: 40-dae-program, en Ontvang wat vir jou gegee is: Kleingroepgids.

 

1 2 3 4