Nader aan die hier en nou met die Here

Oop vir die oomblik

OopVirDieOomblik-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Oop vir die oomblik laat ontvou die geloofsgewoonte van teenwoordig-leef en wys watter waardevolle bydrae dit tot ons daaglikse lewe-met-die-Here kan maak.

Dit is op die oomblik gewild om aandag te gee aan wat deur die loop van die dag in ons bewussyn gebeur. Ons vra ons af hoe afwesig of hoe teenwoordig ons vir die hier en nou is. Ons praat oor “leef in die oomblik”, “leef bewustelik”, teenwoordigheid, awareness of mindfulness.

Om teenwoordig te leef word egter dikwels sonder enige godsdienstige verbande beoefen. Dit is ongelukkig ’n vervlakking van hierdie besonderse ervaring. Daarom skryf Willem Nicol vanuit die Christelike geloof en die Bybel oor hierdie geloofsgewoonte. Vir hom is dit die deurslaggewende grondslag vir hoe hy teenwoordigheid ervaar en hanteer.

In Oop vir die oomblik kom die teorie en praktyk van “leef in die oomblik” saam om jou te help om in die hier en nou met die Here te leef en dit deel van jou leefwyse te maak. Daarom word jy in elke hoofstuk ook genooi om oefeninge te doen.

Ook beskikbaar om saam met hierdie boek te gebruik:

Oop vir die oomblik Bybelstudie – Willem Nicol

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • Hierdie boek laat ontvou die geloofsgewoonte van teenwoordig-leef op ʼn Bybelse grondslag.
  • Die skrywer bring die teorie en praktyk van teenwoordig-leef by mekaar uit.
  • ʼn Praktiese boek met honderde oefeninge om hierdie geloofsgewoonte te vestig.
  • Geskryf deur ʼn bekende en geloofwaardige kenner van die lewensingesteldheid van “leef in die oomblik”.
  • Die boek kan gebruik word saam met die Bybelstudiegids vir groepe of individue: Oop vir die oomblik Bybelstudie.

Oop vir die oomblik Bybelstudie

OopVirDieOomblik-Bybelstudie-Fr.Cov.indd

ʼn 10-weke-Bybelstudie

Leef in die oomblik. Live in the moment. Geniet elke oomblik in die hier en nou.

Dit is tans gewilde idees.

Maar ons almal ervaar dat die moderne lewe dit vir ons moeilik maak om in die hier en nou tuis te voel. Daar is soveel dinge waaraan ons aandag moet gee, met die gevolg dat ons kop raas en ons afwesig raak.

In dié 10 Bybelstudies ontdek gelowiges dat die Here ons wil leer: Daar is net een plek waar ons kan leef – in die teenwoordige tyd. Die Here wag daar vir ons en trek ons daarheen. Hy vergewe die tekortkomings van die verlede en hou die toekoms in sy hand sodat ons kan tuis wees waar ons nou is. En wanneer ons daar kom, is ons oop vir die lewe én vir die Lewensbron.

Hierdie Bybelstudie bevat ook baie oefeninge wat jy kan doen om jou te help om hierdie geloofsgewoonte deel van jou leefstyl te maak.

 

Ontwikkel ʼn gemeenskap van volhoubare vriendskappe

Loop saam

LoopSaam-Cov_hrRGB

MediapakketButton KoopButton

Hierdie boek begelei kruisgroepe op ’n reis van saamloop met mekaar én oor grense heen loop. Want wanneer ons oor grense na mekaar uitreik en vir mekaar omgee, leer ons om mekaar met respek en liefde te hanteer. En dán sal die menswaardigheid van ons land se mense herstel word.

Loop saam bied aan kruisgroepe:

  • 8 geloofsgesprekke
  • voorstelle vir geloofsgewoontes om saam te beoefen, soos viering, Bybelstudie, daaglikse ondersoek, gasvryheid, geloofsgemeenskap, bemoediging en omgee.
  • voorstelle vir vriendskapsaktiwiteite, soos saam eet, saam praat, saam werk, saam lees, saam bid, saam stap, saam fliek, saam kerk toe gaan en saam sport kyk.

Loop saam help gelowiges om saam ʼn gemeenskap van volhoubare vriendskappe te skep en só die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid – respekteer, luister, liefhê en omarm – te lééf.

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • Vorm deel van die produkte wat vir die Seisoen van Menswaardigheid ontwikkel word.
  • Die geloofsgesprekke in Loop saam is spesiaal vir kruisgroepe ontwikkel.
  • By elk van die 8 geloofsgesprekke is daar voorstelle vir geloofsgewoontes wat die groep saam kan inoefen.
  • Daar is ook voorstelle vir vriendskapsaktiwiteite wat die groep saam kan doen.

SKRYWERS

Chris van Wyk is ʼn leraar by die NG gemeente Somerstrand, Port Elizabeth. Sy passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. As skrywer of medeskrywer het hy al verskeie boeke by Bybel-Media gepubliseer soos Die vrou by die put, Barnabas, Gevorm deur die kruis en Jesus-verhale van menswaardigheid.

Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.

 

Colouring book for adults on 1 Corinthians

Mosaics on love

 MosaicsOnLove_Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Drawing is praying. Thoughts about life, pain, joy and God flow to the surface through the ink. You can lose yourself in the details, the leaves, the circles and squares. The colours let you focus, escape, think, open up, hear the Spirit, see anew and create.

May these thoughts and hand-drawn mosaics on love be a wonderful time of meditation, reflection and insight. Enjoy God’s amazing world of rainbows as you focus, hear and pray in full colour.

Unique selling points

  • A colouring book for adults with hand-drawn picture prayers.
  • The text and prayers are based on 1 Corinthians – the well-known Scripture on love.
  • Each picture is accompanied by text to reflect on and a prayer to make your own while colouring.

Author and illustrator

Aletta Simpson is a grade 11 pupil in Durbanville, Cape Town. Her passions in life are books, stationary and drawing. This book is her very first publication. Aletta dedicated a lot of her time to provide the hand-drawn sketches for this colouring book.

Nico Simpson is part of Bible Media’s publications division. His interests include how adults learn, how we can portray what we believe in illustrations, and to lead people to become what God intended them to be. He is the author of various books, such as Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put and Ongebreek.

God’s mystery

God'sMystery-Fr.Cov.indd

PressKitButton BuyButton

The story of science and mystical faith

Jaap Durand leads us on a journey through the most important Western schools of thought on the relation between faith and science.

Scientific discoveries since the 17th century highlight the staggering complexity of life and the universe. Thoughtful believers have gained new insight into their faith in response to this expanding scientific vision. In this book:

  • We are taken on a journey through the development of some of the most important viewpoints on the relation between faith and science down the centuries.
  • We explore challenges that scientific discoveries present to faith, and the implications of these challenges for depth of understanding.
  • Above all, we are given new insights into genuine faith and its uncompromising respect for truth.

Durand leads us to see that faith and science together can inspire a song of praise to God.

AUTHOR
Jaap Durand has received many honours for his intellectual work. His background in theology and philosophy, together with his longstanding interest in the relation between science and faith, equips him exceptionally to lead readers in an exploration of science and mystical faith over the centuries.

ToekomsVenster – Ons behoort aan mekaar

ToekomsVenster05-OnsBehoortAanMekaar_Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

45 dagreise oor liefde vir mekaar – Stiltetydgids

Mense beleef God dikwels op ’n afstand beleef. Daar is verskillende redes hiervoor. Een daarvan is dat hulle gewoon nie meer ervaar dat God in die wêreld werksaam is nie.

Ek glo die liggaam van Christus kan hierdie negatiewe ervaring verander. Ek glo die liggaam van Christus wat getrou bly aan die waarheid, Jesus Christus, wat hierdie waarheid verkondig en wat in gemeenskap met Christus al hoe meer soos Hy word, kan die “afstand” van God oorbrug.

Mag hierdie stiltetydgids oor ons liefde vir mekaar jou en jou gemeente help om waarlik God se hande, voete, oë en hart in hierdie wêreld te wees sodat al hoe meer mense sal sê: “As God my Vader is, is die kerk my moeder.”

Meer oor ToekomsVenster

ToekomsVenster is ʼn vyfjaarplan om die liggaam van Christus toe te rus terwyl ons saam op reis is na 2020.

Dit help gemeentes, groepe en individue om te fokus op die uitdagings wat ons nou en in die toekoms sal moet hanteer. Dit lei gelowiges op ʼn pad van genesing terwyl hulle oë gerig is op die wêreld waarvoor God so lief is.

Die temas is spesifiek gekies om gelowiges te help en te lei om nuut te dink en te glo.

SKRYWER
Annes Nel is tans predikant in Noord-Ierland.  Hy is die skrywer en medeskrywer van 20 boeke en het drie boeke vertaal, onder meer Dietrich Bonhoeffer se Wat dissipelskap kos. Annes se passie is om mense daarvan bewus te maak dat die kerk ’n plek vir gebrokenes is omdat elke mens ’n plek in God se hart het.

Perspektiewe op die koninkryk-reeks – ʼn Koninkryk van genade (Boek 1)

Koninkryk1-'nKoninkrykVGenade-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Meer oor die reeks Perspektiewe op die koninkryk

Jesus nooi ons en daag ons uit om elke dag op ’n totaal nuwe manier met ʼn nuwe perspektief te leef. Want wanneer ons met ’n koninkryksperspektief leef, verander alles.

Boeke in die reeks

  • Boek 1: ʼn Koninkryk van genade
  • Boek 2: Jesus, Here van die koninkryk
  • Boek 3: Beelde van die koninkryk
  • Boek 4: Gereed vir die koninkryk

’n Koninkryk van genade (Boek 1)
God het ’n genadeverbond met ons gesluit. Genade beteken ons kry wat ons nie verdien nie. Dit maak nie vir ons sin nie. Maar juis dít is die punt van genade: Genade is onverdiend en … God se koninkryk is vol van hierdie genade, onbeskryflik groot.

SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.

Kleurmeditasies vir Lydenstyd en Pase

KleurmeditasiesLyde#14C1578

MediapakketButton KoopButton

ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.

Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy hierdie seisoen in die kerkjaar ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring. Dit is gevul met kleur- en woordmomente van stop en bepeins.

Die woordmomente fokus op Lydenstyd en Pase. Die kleurmomente se sirkelpatrone nooi heling en groei in jou lewe in.

Met hierdie kleurmeditasies oordink, bepeins en bid jy in volkleur. Die geloofsgedagtes herinner jou aan God, die bron van alle goedheid, wat mens geword en onder ons kom tent opslaan het.

Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van gedagtes en emosies wat na bo kom en om dit te oordink.

INHOUD

  • 90 dagstukke oor temas wat by Lydenstyd en Pase aansluit.
  • Temas sluit in: losmaak en aflê; seer; dissipline; eerlik wees; terugkeer; identiteit; woede en hartseer; eensaamheid en verlatenheid; rou en weerstand; stilword en bewusword; misverstand en verkeerde verwagtings; opstanding en hoop; vreugde; nuwe lewe; vreesloosheid; sintuie en persepsies; vrees en oorvloed.
  • By elke dagstuk is ʼn inkleursirkel wat lesers nooi om oor die teks na te dink en te bid terwyl hulle inkleur.

SKRYWER EN ILLUSTREERDER
Lisel Joubert is ’n teoloog en vryskut­predikant in die NG Kerk. Sy het ’n doktors­­graad in Ou Testament verwerf. Haar pas­sie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christelike tradi­sie. Sy is betrok­ke by teologiese af­stands­on­der­rig, veral in die dissi­pline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon in Gansbaai saam met haar man en twee kinders.

Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.

Loskerf

Loskerf-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

ʼn Gespreksgids spesiaal vir Lydenstyd

  • 6 groepstudies
  • 30 individuele studies

Loskerf is ʼn gespreksgids vir 6 weke met ʼn tema vir elke week. Elke tema beeld ʼn faset van die (her)skeppingsproses van God met ons uit:

  • Oopkerf – oor gebed
  • Saamkerf – oor omarming
  • Opkerf – oor gesamentlike maaltye
  • Wegkerf – oor besittings
  • Inkerf – oor ons reis na binne
  • Uitkerf – oor lyding, en spesifiek Jesus se lyding

Die eerste vyf temas sluit aan by die reisverhaal in Lukas se Evangelie en fokus veral op Lydenstyd. Die laaste week se tema gaan oor die versoening wat Jesus deur sy lyding en dood bewerk het. Hierdie temas kan ook vir oordenkings tydens die Groot Lydensweek gebruik word.

SKRYWERS
Andries Cilliers is predikant by NG gemeente Sonstraal in Durbanville. Hy is lief vir sy gesin, vir sy werk en vir lees.
Johann du Plessis is predikant by die NG gemeente Kenridge. Hy is betrokke by die voortgesette opleiding van predikante in Afrika (Malawi, Oos-Kaap, Botswana). Sy fokusarea in die gemeente is die bediening na buite en die Bybelskool.
Melanie Thirion is sedert 2005 by jeugbediening betrokke. Tans is sy by die NG gemeente Kenridge. Sy is getroud met Christi en hulle het twee dogters wat vir haar die betekenis van genade, slaap en sterk koffie geleer het.
Christi Thirion is sedert 2004 voltyds in die bediening. Sedert die begin van 2015 is hy predikant by die NG gemeente Kenridge. Sy fokus is studente (veral die US se Tygerberg-kampus) en jong werkende volwassenes. Hy is getroud met Melanie en hulle het twee pragtige dogters wat hulle idees oor God en die wêreld buite die lyne en boksies van tradisie inkleur.
Nina Müller van Velden is projekkoördineerder van die Glossarium Projek van die Fakulteit Teologie aan die US.  Hierdie projek ontwikkel ʼn drietalige (Afrikaans, Engels en isiXhosa) elektroniese vakwoordeboek vir teologiestudente, spesifiek vir gebruik op mobiele apparaat (mobile devices).  Intussen werk sy aan haar doktorstesis in Nuwe Testament, met die fokus op gender-kwessies en die Johannesevangelie.

 

Méér as net reëls

Tien Gebooie_Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Tien gebooie

ʼn 10-weke-Bybelstudie

Jaco Thom

God se tien gebooie is die kantlyne van ons speelveld in die lewe. Dit baken vir ons die ruimte af waarbinne ons die spel van die lewe kan geniet. Solank ons op die speelveld is, is ons veilig. Buitekant dié kantlyne kan ons ook leef, maar daar is ons op onsself aangewese.

God se tien gebooie is baie meer as net ʼn klomp moets en moenies. Dit help ons om voluit te leef binne die ruimte wat God vir ons as sy kinders geskep het, net soos God dit bedoel het.

PLUSPUNTE

  • 10 studies, een oor elk van die tien gebooie, God se grense wat ons veilige hou.
  • Spesiaal ontwerp vir kleingroepe, maar kan ook deur individue gebruik word.
  • Uitdagende gespreksvrae.
  • Riglyne vir die groepleier ingesluit.

SKRYWER

Jaco Thom is predikant van die NG gemeente Toringkerk in die Paarl, waar hy verantwoordelik is vir die kleingroepbediening van die gemeente. Hy is getroud met Elmien, ’n orrelis en musiekonderwyser. Hulle het drie dogters. Jaco het al verskeie Bybelstudieboeke die lig laat sien, en skryf verder veral Bybelse romans. 

 

Do you want to communicate something to a larger audience on a shoestring budget?

Radiate-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Radiate

88 ways to spread ideas

Nico Simpson

The biggest danger for writers, thinkers and developers is not that people will steal their ideas, but that nobody will notice them.

This book will help you find ways to radiate your ideas out into the world. It will help you find techniques to get them noticed, talked about and shared. It will help you to take specific steps to beam your genius far outside your immediate circle of influence.

Scan through Radiate. Choose only one suggestion or, even better, one idea that popped up in your head while reading.

Put down the book and do that one thing first.

Return and scan further, waiting for a second idea.

Repeat.

Enjoy.

UNIQUE SELLING POINTS

  • Very accessible
  • Action-orientated guidelines
  • Helps idea merchants with clear communication and with spreading their ideas
  • These are cheap and do-able ideas that only require focus and time
1 2 3 4 5