Your life, your choice

YourLife,YourChoice-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Rights, responsibilities, relationships and respect – Helping young people to develop bacic Christian life skills

Val Hamann

This book encourages Christian inmates to develop social skills that will help them to reintegrate into society when they are released. They focus on four important factors for becoming socially acceptable: rights, responsibilities, relationships and respect. These skills and values are strengthened by studying the Bible and discussing the message with other believers. The lessons are thought-provoking and challenge inmates to change their ways where necessary. Guidance is given, however, ultimately the choices and decisions inmates make are entirely up to them.

Course test included

ABOUT THE AUTHOR

Val Hamann lives in Cape Town, South Africa. While volunteering for Andrew Murray Prison Ministry and Kairos Prison Ministry International, she took initiative to identify various programs that prisons urgently need, yet do not have. Through this book Val wishes to leave a legacy, touching the lives of many people that she may never even meet.

TARGET MARKET

  • Prisoners
  • Prison ministries
  • Individuals involved in prison ministries
  • Churches with prison ministries

My pledge: Committed to change

MyPledge_CommittedToChange-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

A Christian-based prisoner’s pledge programme

Val Hamann

This book encourages Christian inmates to adopt 30 pledges that endorse change. Inmates are usually in prison for their worst day, their weakest moment, their gravest mistake, the lack of mentorship, the absence of a father or a misguided path they chose to follow. But despite society’s rejection, and with God’s intervention, it is possible for inmates to become whole again. Each one of them is capable of rising up. They may be defined by their dedication, strength, courage, commitment and willingness to change, rather than their moment of weakness. The lessons are based on the study of the Bible and include a lot of interesting facts about South Africa.

Course test included

ABOUT THE AUTHOR

Val Hamann lives in Cape Town, South Africa. While volunteering for Andrew Murray Prison Ministry and Kairos Prison Ministry International, she took initiative to identify various programs that prisons urgently need, yet do not have. Through this book Val wishes to leave a legacy, touching the lives of many people that she may never even meet.

TARGET MARKET

  • Prisoners
  • Prison ministries
  • Individuals involved in prison ministries
  • Churches with prison ministries

Kleuterkerk 1 Doen-boek

kleuterkerk1_doenboek-cov_lr

MediapakketButton KoopButton

Vir 2-5-jariges

Marié Loubser en Elma Visagie

Kleuterkerk 1 Doen-boek is die ideale “kategese”-hulpmiddel vir gemeentes wat kleuterkerk-byeenkomste hou. Dit is ook ʼn uitstekende boek vir ouers wat “huiskerk” met hulle voorskoolse kinders wil hou.

Hierdie aktiwiteitsboek lê die inhoud van elke aanbieding by die kinders vas met ʼn Bybelvers, ʼn kort boodskap en ʼn gebed. By die boodskap is daar ook ʼn prentjie wat die kinders kan inkleur of ʼn aktiwiteit om te doen.

Kleuterkerk 1 Doen-boek is ideaal om jong kinders te leer Jesus is baie lief vir hulle.

SKRYWERS

Marié Loubser is ʼn graad 1-opvoeder wat elke dag ʼn godsdiensperiode saam met haar kinders geniet.

Elma Visagie is ʼn gekwalifiseerde jeugwerker met jare lange ervaring en kinders van haar eie.

PLUSPUNTE

  • Kleuterkerk 1 Doen-boek word gebruik saam met die Kleuterkerk 1 Aanbiedersgids.
  • Die eerste in ʼn reeks boeke wat gebruik kan word om vir 2-5-jariges kerk, kategese of huiskerk te hou.
  • Hierdie aktiwiteitsboek lê die boodskap van die aanbieding by die kinders vas deur inkleurprente of aktiwiteite.

 

Walking together

WalkingTogether-Fr.Cov.indd

MediapakketButtonKoopButton

Developing a community of sustainable friendships

Chris van Wyk

Nico Simpson

The faith-building conversations in Walking together were developed with cross-cultural groups in mind.

This book will guide you on your journey of walking togetherwith each other and across boundaries. For when we reach out to each other across boundaries and care for one another, we learn to treat each other with respect and love. Only then the human dignity of our people will be restored.

Walking together offers to you as a cross group:

  • 8 friendship-building opportunities
  • suggestions for spiritual practices to develop together, such as celebration, Bible study, daily examination, hospitality, community, encouragement and caring
  • suggestions for friendship activities to enjoy together such as eating, talking, socialising, reading, praying, living, traveling, going to movies, going to church, watching sport and watching TV.

Walking together will help you to develop a community of sustainable friendships and to live according to the values of the Season of Human Dignity – respect, listen, love and embrace.

UNIQUE SELLING POINTS

  • Walking together forms part of the products developed for the Season of Human Dignity.
  • Each of the 8 friendship-building opportunities includes spiritual practices to develop together, as well as friendship activities to enjoy together.

Authors

Chris van Wyk is minister at the DR congegration Somerstrand, Port Elizabeth. His passion in life is to serve God above all and lead believers in their faith formation processes. He has published a few books with Bible Media as author or co-author, such as Die vrou by die put, Barnabas, Gevorm deur die kruis, Jesus-verhale van menswaardigheid and Maak kontak.

Nico Simpson is head of the publication division of Bible Media. He is interested in how adults learn, how to translate what we believe in illustrations, and to lead people to become who God intended they should be. He has published books such as Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put and Ongebreek.

Maak kontak

Maak kontak-Fr.Cov.indd

KoopButton MediapakketButton

20 Leidrade vir kruiskulturele kontak

Chris van Wyk

In Maak kontak gee Chris van Wyk 20 leidrade wat gemeentes en groepe kan volg om kruiskulturele kontak te bevorder en dit op ʼn verantwoorde manier aan te pak.

Navorsing wat oor intergroep-kontak en die vooroordele tussen groepe gedoen is, bewys dat intergroep-kontak inderdaad vooroordele kan verminder. In hierdie soort kontak steek ons nie net die grense tussen ons oor nie; deur die nuwe vriendskapsbande wat ons met mekaar sluit, vorm ons ook ʼn nuwe gemeenskap waarin ons die waardes van respekteer, luister, liefhê en omarm kan laat gedy.

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • Vorm deel van die produkte wat vir die Seisoen van Menswaardigheid ontwikkel word.
  • Die boek bied kontoere waarlangs gemeentes en gelowiges hulle pogings om menswaardigheid te ontwikkel en te bevestig volgens die resultate van die navorsing van die afgelope dekades kan stuur.
  • Maak kontak dra by om ʼn positiewer menswaardige omgewing vir alle mense in ons lande skep

SKRYWER

Chris van Wyk is ʼn leraar by die NG gemeente Somerstrand, Port Elizabeth. Sy passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. As skrywer of medeskrywer het hy al verskeie boeke by Bybel-Media gepubliseer soos Die vrou by die put, Barnabas, Gevorm deur die kruis en Jesus-verhale van menswaardigheid.

Perspektiewe op die koninkryk-reeks

Meer oor die reeks

Perspektiewe op die koninkryk

Jesus nooi ons en daag ons uit om elke dag op ’n totaal nuwe manier met ʼn nuwe perspektief te leef. Want wanneer ons met ’n koninkryksperspektief leef, verander alles.

Boeke in dié reeks

  • Boek 1: ʼn Koninkryk van genade
  • Boek 2: Jesus, Here van die koninkryk
  • Boek 3: Beelde van die koninkryk
  • Boek 4: Gereed vir die koninkryk

 Beelde van die koninkryk

Boek 3

 Koninkryk3-BeeldeVdKoninkryk-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

ʼn Gespreksgids vir groepe

Jesus het gelykenisse of stories gebruik om die mense te help om die koninkryk beter te verstaan: hoe die koninkryk werk, hoe dit op aarde teenwoordig is, hoe dit in ons lewe ʼn werklikheid word en hoe Hy in die koninkryk regeer. Jesus se beelde van die koninkryk help ons vandag om nuut en anders te dink oor God se ryk en die implikasies daarvan vir ons lewe op aarde.

PLUSPUNTE

  • ʼn Splinternuwe Bybelstudiereeks oor die koninkryk van God.
  • Die reeks bestaan uit 4 boeke met 8 studies, of gespreksgeleenthede, elk.
  • Elke gespreksgids gaan oor een spesifieke tema wat met God se koninkryk verband hou.
  • Hierdie reeks daag gelowiges uit om elke dag met ʼn nuwe perspektief te leef – ʼn koninkryksperspektief.
  • Spesiaal ontwerp vir groepe, maar kan ook deur individue gebruik word.

Gereed vir die koninkryk

Boek 4

 Koninkryk4-GereedVdKoninkryk-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

ʼn Gespreksgids vir groepe

Gereed vir die koninkryk

Die Bybel sê duidelik ons moet gereed wees vir die dag wanneer die koninkryk van God finaal aanbreek. Tot dan moet ons verstandig wees. Ons moet getrou wees. Ons moet waaksaam wees. Ons moet oop wees vir voortdurende hernuwing. Ons moet op die regte manier vir die koms van die koninkryk wag – want dit kan enige oomblik gebeur. En wanneer dit gebeur, sal God se droom om alles vir almal te wees finaal gestalte kry.

PLUSPUNTE

  • ʼn Splinternuwe Bybelstudiereeks oor die koninkryk van God.
  • Die reeks bestaan uit 4 boeke met 8 studies, of gespreksgeleenthede, elk.
  • Elke gespreksgids gaan oor een spesifieke tema wat met God se koninkryk verband hou.
  • Hierdie reeks daag gelowiges uit om elke dag met ʼn nuwe perspektief te leef – ʼn koninkryksperspektief.
  • Spesiaal ontwerp vir groepe, maar kan ook deur individue gebruik word.

SKRYWER

Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad

Gebede uit Psalm 23

KleurgebedeOorHoop-Cov_lr

MediapakketButton KoopButton

Kleurgebede oor hoop

Inkleurboek vir volwassenes met handgetekende gebedsprente

Psalm 23 is die hoop-psalm.

Met gebed en kleur nooi Kleurgebede oor hoop jou om ʼn oomblik stil te staan by die hoop wat God gee.

Mag die gebede en inkleurprente jou aandag ʼn oomblik vashou by al die fasette van God se troos en omgee, versorging en bewaring, redding en troos.

Mag dit jou aanmoedig om opnuut te leef vanuit die hoop wat in jou is.

Mag die kleure wat uit jou potlode en penne vloei jou bewus maak van God se genade, sorg, omgee, uitdaag en weer begin.

Mag die hele palet van kleur geloof en hoop opnuut in jou lewe innooi.

Mag Kleurgebede oor hoop ʼn wonderlike tyd van oordenking, nadink en insigte wees. Geniet God se wonderwêreld vol reënboë terwyl jy sien, hoor en bid in volkleur.

Unieke verkooppunte

  • ʼn Inkleurboek vir volwassenes met handgetekende gebedsprente.
  • Die teks is gegrond op die psalm van hoop – Psalm 23.
  • By elke prent is daar ʼn gebed om te bid terwyl jy inkleur.
  • Daar is ook by elke gebed en prent ʼn simbool wat aan ʼn vroulike geloofsheld in die Bybel gekoppel is. Dink gerus na oor hierdie vrou se lewe terwyl jy inkleur.

Skrywers

Aletta Simpson is ʼn graad 12-leerder in Durbanville, Kaapstad. Vandat sy kan onthou, stel sy belang in boeke, skryfgoed, teken en skets.  Sy het al hierdie sketse oor dae heen met die hand geteken.

Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.

 

Vir 2-5-jariges

Kleuterkerk 1-Fr.Cov.indd

MediapakketButton KoopButton

Kleuterkerk 1

Aanbiedersgids

Kleuterkerk 1 is ʼn uitstekende hulpmiddel vir enige gemeente se kinderbediening.

Die 20 aanbiedings in hierdie boek bevat alles wat jy nodig het om jong kinders van 2-5 te laat ervaar dat Jesus baie lief is vir hulle, om hulle meer van die Here Jesus te leer en om hulle te lei om ʼn persoonlike verhouding met die Here te bou.

Elke aanbieding bestaan uit die volgende elemente om jou te help om die kinders se ervaring positief en verrykend te maak:

  • Geselstyd
  • Singtyd
  • Bybeltyd
  • Doentyd
  • Bidtyd

Die eenvoudige aktiwiteite in hierdie boek help om die boodskap van elke aanbieding by die kinders vas te lê.

PLUSPUNTE

  • Die eerste in ʼn reeks boeke wat gebruik kan word om vir 2-5-jariges kerk te hou.
  • 20 volledig uitgewerkte aanbiedings.
  • Riglyne vir die aanbieder oor hoe om ʼn kindervriendelike ruimte vir die kleuters in te rig en ʼn roetine te vestig
  • Riglyne oor hoe ʼn aanbieding kan verloop.
  • Elke aanbieding sluit ʼn eenvoudige aktiwiteit vir die kinders in.
  • Die prente wat vir die aktiwiteite nodig is, kan gefotostateer word.
  • Die aanbiedings kan maklik aangepas word by elke gemeente se omstandighede.

TEIKENMARK

  • Leiers van kinderbedienings
  • Kategeseleiers
  • Gemeenteleiers
  • Opvoeders van voorskoolse kinders
  • Ouers van kleuters

SKRYWERS

Marié Loubser is ʼn graad 1-opvoeder wat elke dag ʼn godsdiensperiode saam met haar kinders geniet.

Elma Visagie is ʼn gekwalifiseerde jeugwerker met jare lange ervaring en kinders van haar eie.

 

Die Bybel praat vandag 4

DBPV4_GodSeDroomVirDieLewe-Fr.Cov.indd

KoopButton MediapakketButton

 

God se droom vir die lewe

Hierdie bundel is die vierde publikasie in ʼn reeks preekhulpe. Die tema van die preke in hierdie bundel is die Tien Gebooie.

Die hoofdoel van die boeke in hierdie reeks is om predikers, ouderlinge en enige ander gemeenteleiers of mense in staat te stel om volledige eredienste te lei.

Hoewel baie gemeenteleiers die vermoë het om hulle eie preke te maak en baie goed te vaar in hulle openbare optrede, het ons almal steeds gedagtes nodig om ons te inspireer. Hopelik bied hierdie bundel ’n paar gedagtes wat sinvol gebruik kan word.

Elke preek is ingebed in ’n liturgie wat gebruik kan word om die diens makliker te laat vloei.

Pluspunte

  • 15 Volledig uitgewerkte eredienste met liturgieë
  • Die tema van hierdie reeks preke is die Tien Gebooie
  • Dienste vir spesiale geleenthede soos Kersfees en Paasfees is ingesluit
  • Inspirerende stof vir predikers

Skrywer

Annes Nel is in Lambertsbaai gebore. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Ná 15 jaar in die gemeentebediening (Prieska en Academia) en 10 jaar in die akademiese wêreld, waar hy onder andere Direkteur van die Ekumeniese Instituut aan die Universiteit van Namibië en medeprofessor in Sistematiese Teologie aan die Universiteit van Zoeloeland was, het hy na die voltydse gemeentebediening teruggekeer. Hy is tans predikant in Killinchy, Noord-Ierland. Annes is ʼn geliefde skrywer van Christelike boeke. Sy passie is om mense daarvan bewus te maak dat elke mens ’n plek in God se hart het.

Om God in mekaar te sien

OmGodInMekaarTeSien-Fr.Cov.indd

KoopButton MediapakketButton

ʼn Gespreksgids vir kleingroepe

Om ’n volgeling van Jesus te wees impliseer dat ons alle mense menswaardig sal behandel. Jesus self het vir ons die voorbeeld gestel met die deernisvolle manier waarop Hy kinders, vroue, siekes, armes en verstotenes liefgehad en ingesluit het.

Ons volg sy voorbeeld wanneer ons begin om God in mekaar raak te sien en mekaar verras deur mekaar te respekteer, na mekaar te luister, mekaar lief te hê en mekaar te omarm.

Hierdie gespreksgids vorm deel van die produkte wat spesiaal vir die Seisoen van Menswaardigheid ontwikkel word:

  • Die gids bestaan uit vyf gesprekke wat aansluit by die vyf waardes van die Seisoen van Menswaardigheid en die gepaardgaande teksgedeeltes wat tydens die prediking oor hierdie waardes gebruik word.
  • By elke gesprek is daar ’n uitdaging om die spesifieke waarde uit te leef in die week wat voorlê.
  • Daar is ʼn joernaalgedeelte ingesluit waar groeplede kan neerskryf hoe hulle hierdie uitdaging ervaar het en wat God hulle geleer het.
  • Elke gesprek sluit agtergrondinligting oor die betrokke teksgedeelte in.

SKRYWER

Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.

1 2 3 4 8